KAAPSE AFRIKAANSE EISTEDDFOD 
Vir enige navrae, kontak die sekretaresse, Dee Penny, by telefoon-/faksnommer (021) 797 1768 of per e-pos: kae@absamail.co.za
Annette Slabbert (Musiek sekretaresse) Tel. 021 761 2813 en e-pos: kaapeis@gmail.com
PRESTIGE AAND 2014
David met trofee.jpg
By die Prestige Afsluitingsfunksie van 2014 het Prof. David de Villiers van Duitsland, ‘n afgetrede Professor in Dirigeertegniek in Duitsland, vir ons die medaljes oorhandig. Hy, sy broer, Riaan en suster Marijke, was ook as kinders deelnemers aan hierdie eisteddfod. Hul vader, Advokaat David de Villiers (Lang David) het destyds ‘n trofee aan ons geskenk. David het gevoel dat hy die tradisie wil laat voortgaan. Daar is toe besluit dat die wisseltrofee wat deur hom geskenk word en waarop die drie kinders se name verskyn, in hul vader se naam (die D P DE VILLIERS WISSELTROFEE) aan die “Beste Veelsydige Deelnemer” toegeken sal word.

Op meegaande foto staan David (kort voor sy vertrek terug na Duitsland) met die trofee.

Onder kan duidelik gesien word hoe die trofee lyk.